Politicians  (Maize) 									Afrikaans



Die dag toe die produsente met die politici gepraat het…



Instructions: 

Folio strap: Waardetoevoeging

Byline: Jenny Mathews, voorsitter van die Graan SA Ontwikkelingprogram vir Produsente.

3.	Photo: Mev Jane McPherson, Dr Willie Kotzé, Moss Malo, Monica Mpetshu-Matamba, Tom Gwala, Samuel Moloi, Elias Monaisa, William Matasane, en Mev Jenny Mathews het onlangs die Agri-SA Kommoditeits en Ontwikkelingsprogram vir Boere konferensie in Kaapstad bygewoon. 



Die Graan SA Ontwikkelingspan het die Agri-SA Kommoditeits- en Produsenteontwikkelingskonferensie wat gehou is op 25 en 26 Februarie 2010 in Kaapstad, bygewoon.



Dit het krities geraak dat ons die aandag van politici fokus op die ekonomiese krisis wat landbou in Suid-Afrika in die gesig staar omdat ons nie kan aanhou gewasse plant wat nie wins genereer nie – en ons kan definitief nie die transformasie proses en grondhervorming bystaan deur die suksesvolle vestiging van nuwe produsente op hulle plase wanneer hulle nie kan deur wins te maak groei tot volhoubare kommersiële produsente nie! Daarom is die produsente Kaapstad toe met die hoop dat politici na hulle sal luister. Hulle was daar – en ons ook!



Die Graan SA Ontwikkelingspan is genooi om foto’s en skyfies van die werk wat hulle dwarsoor die land doen, uit te stal en die Mielietrust het die rit Kaapstad toe geborg vir ‘n verteenwoordigende groep van sewe opkomende produsente. Ons afvaardiging is verteenwoordig deur Mev Jane McPherson, Dr Willie Kotzé, Moss Malo, Monica Mpetshu-Matamba, Tom Gwala, Samuel Moloi, Elias Monaisa, William Matasane, en Mev Jenny Mathews. 



Minister Tina Joemat-Pettersson was die gasspreker op die eerste dag van die konferensie. Die Minister het die rol erken van kommoditeits organisasies in die ontwikkeling van die landbou sektor waar gesien kan word hoe kommersiële produsente hande hou met hulle opkomende kollegas en waardevolle vaardighede en kennis deel. Sy het afgevaardigdes die versekering gegee dat plattelandse ontwikkeling en grondhervorming ‘n prioriteit vir die regering is en dat voedsel sekuriteit en werkskepping fokuspunte is. Sy het opgelet dat werkskepping in die landbou sektor tekort skiet en aangespreek moet word. Haar ministerie sal ook fokus op die ontwikkeling van kleinboere en kommersiële produsente, maar terselfdertyd het sy erken dat daar ‘n afname in die belegging van kapitaal in die sektor is, dus is die regering huidiglik besig om die belegging van infrastruktuur met die Departement van Vervoer te beplan. Sy het ook gesê dat hulle erken dat daar probleme ontwikkel as gevolg van die feit dat produsente min of geen ondersteuning kry en moet kompeteer met produsente in ontwikkelde lande wat regeringsubsidies ontvang. Die volgehoue probleme van ‘n tekort aan kapitaal en die groeiende probleem van verhoogde insetkoste wat lei tot groot areas grond wat onbewerk lê en onproduktief is, is sake waarvan beleidsmakers bewus is, en meer ondersteuning word beloof aan kleinboere en nuwe produsente. 



Die Minister het in haar toespraak gesê dat die departement beplan om produsente te help om sekwestrasie te vermy deur verskeie ondersteuningsisteme aan hulle, maar dat produsente slegs ‘n drie jaar grasie periode gegee sal word om te wys dat hulle boerderye in ‘n goeie toestand is. Dit is ‘n bemoedigende teken vanaf die regering se kant, maar die bekommernis is dat produsente steeds nie enige graan of oliesaad winsgewend kan verbou nie, en hul langtermyn volhoubaarheid sal dus nie onseker bly.



Die Minister het ook gesê dat landbouproduktiwiteit voortdurend afneem en dat Suid-Afrika meer en meer landbouprodukte invoer. Die vraag moet gevra word: Hoekom voer ons produkte in wat ons produsente hier op ons eie grond kan produseer, met ons eie graan en ook werksgeleenthede kan voorsien? Die invoer van beesvleis, kalfsvleis, hoender en eiers is blykbaar aan die toeneem. Dit beteken dat ons buitelandse produsente betaal vir ‘n produk wat hulle mense van werk voorsien en wat hulle graan voorraad gebruik het. Hierdie invoere beteken ook dat ons ons kontantvloei buite ons grense versprei, in plaas van om dit binne ons te land te hou tot voordeel van die landbou waardeketting en ook om ons landelike ekonomie te stimuleer. 



Mnr Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, was die sleutel spreker by die tweede dag, wat gefokus het op sake rakende die ontwikkeling van nuwe produsente. Hy het gesê hy glo dat baie werk nog nodig is om die suksesvolle oordrag van grond te verseker en ook dat spesiale aandag aan nuwe produsente wat alreeds op plase is, wat sukkel om ‘n sukses te maak, verleen moet word. Minister Nkwinti het erken dat georganiseerde landbou ‘n belangrike rol speel in die mentorskap en opleiding van nuwe produsente. Die Graan SA afvaardiging het die geleentheid gehad om te praat oor die baie struikelblokke in die pad na sukses en het uiting gegee aan die frustrasies van baie ander toe hulle gepraat het van die onsuksesvolle oordrag van grond, omdat die gee van grond nie genoeg is nie en dat ‘n holistiese benadering tot elke plaas nodig is en dat ontwikkeling en ondersteuning oor ‘n lang tydperk gegee moet word. ‘n Ander frustrasie is die groep plase waar dit gewoonlik op eindig met ‘n klein hoeveelheid toegewyde produsente wat werk vir die oorblywende begunstigdes.



Die Minister was so beïndruk met Graan SA se werk, dat hy ‘n vergadering met die afgevaardigdes aangevra het wat beloof om sy departement nader aan die Graan SA span te bring en ons is steeds hoopvol dat dit ‘n positiewe impak op die toekoms sal hê.

